Na gister se artikel vir die elektriese kitaarspelers, is dit net reg om vandag die klavierspelers ‘n beurt te gee en te wys hoe klavier ook kan rock! In hierdie video, opgeneem deur FLAM, wys Carli Lessing hoe om haar song “Jesus, Rots” (F327) te speel op klavier. Dit is ‘n verwerking van “Lied 503” en is van haar CD af “Wie is nog stil?” Laai die bladmusiek gratis hier af – JesusRots_chords
Vir nog hulpbron videos, gaan na FLAM se hulpbron afdeling op hulle website by www.flam.co.za/Hulpbronne.