GiG Worship dag – God is Groot/God is Great

Op 23 Augustus 2015 het die GiG Worship Dag plaasgevind by Laerskool Louw Geldenhuys. Hierdie event was gereël deur Gereformeede Kerk Linden. Hierdie gemeente het besluit om die inisiatief te neem om sy gemeenskap bloot te stel aan fantastiese Christelike worship leiers. Verskeie bands en musikante het opgetree by die event, mense soos: Chris Chameleon, Deon Meiring, Retief Burger, Joe Niemand, Elvis Blue en die GLK Band (Die gemeente se eie band). Sekere musikante het worship gelei en dan van die ander het stories vertel deur hulle eie liedjies. Hulle doel met die event was om mense te raak deur musiek en God se naam groot te maak deur die musiek.

Ek het by die event aangekom net na een uur en was gegroet deur vriendelike gesigte, nie net deur die mense wat daar gewerk het nie, maar selfs die mense wat die event kom bywoon het. Almal het opwinding en ‘n soort verwagting gedra op hulle gesigte en in hulle oë.

Ek kon slegs ‘n rukkie bly en het net vir Chris Chameleon, Deon Meiring en Retief Burger gesien. Chris Chameleon en Deon Meiring was “One man bands” gewees. Hulle het stories vertel deur hulle musiek. Die stories was gesellig en lekker om na te luister. Retief het ‘n volle band gehad en hy het worship gelei. Retief het bekende liedjies gesing, wat gereeld gebruik word vir worship, dus het die gehoor lekker saam gesing.

Ons het nie besef hoeveel mense daar regtig was, totdat Retief almal vorentoe genooi het om saam God se naam groot te maak nie. Die rugbyveld was vol gewees! Nou dit was ‘n gesig om te sien hoe die mense bereid was om uit hulle “comfort zones” uit te klim, om God se naam groot te maak!

Dit was ‘n lekker, gesellige event gewees. Die dag was lekker warm, wat ook vir ‘n warm atmosfeer geskep het tussen die mense. Ek het onderhoude gevoer met die jonk en jonk van gees om bietjie te hoor wat die almal dink van die event en die terugvoer wat positief gewees!

Ek is vreeslik opgewonde om te sien of die Gemeente nog ‘n GiG worship dag gaan hou volgende jaar!

Om die interviews te sien gaan na ons Instagram blad: https://instagram.com/wie_is_nog_stil/

Om foto’s te sien gaan na ons Facebook Page toe: https://www.facebook.com/WieIsNogStil

,

Natuurlik was #GIGWorshipDag 'n prettige dag, maar dit was ook 'n emosionele dag vol van gebed ❤

A post shared by WINS (@wie_is_nog_stil) on

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s