Wie Maak Ons Stil? Al skuif die berge

Dames en here, WINS is trots om sy eerste “Wie Maak Ons Stil” af te skop met Ferreira Marais se liedjie Al Skuif Die Berge.

“Wie Maak Ons Stil?” is ‘n nuwe inisiatief waar WINS elke maand (in die eerste week van die maand) ‘n nuwe Afrikaanse worship song gaan post. Ons gee ook die bladmusiek verniet weg as jy dit in jou eie gemeente wil gebruik!

Soos ons gesê het, ons skop af met Ferreira Marais se liedjie, “Al Skuif Die Berge”.  Ferreira Marais is ‘n worship leier by Gereformeerde Kerk Linden en doen tans sy gemeente jaar (Eindjaar Teologie) by NG kerk Melville Kruis Gemeente.

Dit is ‘n opgewekte liedjie, wat God se naam groot maak en God prys. Die musiekvideo is opgeneem by GKL se jeugdiens, Blinc wat elke Sondagoggend plaasvind.  Lewer kommentaar en laat weet ons wat jy van die liedjie dink!

Indien jy ‘n worship songwriter is of dink dat jou gunsteling Afrikaanse worship song ons volgende “Wie Maak Ons Stil?” kan wees, stuur die liedjie info aan jana@wins.co.za.

Bladmusiek: Al Skuif die Berge

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s