Wie Maak Ons Stil? Desember

WINS is opgewonde om die wêreld  voor te stel aan Renier Terblanche! Renier is ‘n worshipleier uit Robertson en hy het ons kom stil maak met sy lied “Nader”.

WINS het vir Renier gevra om ‘n tikkie oor homself en sy inspirasie vir “Nader” met ons lesers te deel:

Stukkie oor myself:

My twee groot passies in die lewe is die Here en musiek en dit was nog altyd my droom om self musiek vir die Here te kan maak. Een Sondag in die kerk tydens aanbidding het ek na ons aanbidding span gekyk en vir die Here gesê dat ek met alles in my so graag deel wil wees van dit en ook my passie vir Hom so deur musiek wil uitleef. Die Here het toe net daar aan my opdrag gegee om iets te begin doen aan my hartsbegeerte. Hy kan vir ons talente en gawes gee, maar die vermoëns moet ons self ontwikkel. Partykeer moet ons daardie eerste stap van geloof neem vir ons drome om waar te word. Dit is toe dat ek op 23 jarige ouderdom besluit het om te leer klavier speel en om sanglesse te neem. Ek het nog nie een oomblik teruggekyk nie.

Inspirasie agter Nader:

Ek was eendag besig om ‘n program vir die Sondag se aanbidding uit te werk en my program wou net nie werk nie. Daar het ‘n lied gekort tussen my laaste en derde laaste lied en niks wou lekker vloei nie. Dit is toe dat “Nader” tot stand gekom het. Ek was besig met “free worship” en die woorde en die wysie het net gekom en ek het besef dit is nou tyd om my pen en papier te gryp. Uit niks uit, het die Here my geseën met ‘n nuwe lied wat presies in my program inpas en ook presies inpas in die seisoen van my lewe en ook van ons gemeente.

Die Here het toe ook verder vir my die lied oopgebreek en ek het besef dat dit is wat ons moet doen om nader aan Hom te beweeg. Ons moet ons hele wese en alles in ons lewens aan Hom gee. Ek kon die boodskap net nie vir myself hou nie.

WINS is opgewonde om nog meer van Renier te hoor!

Gaan luister na die liedjie en gesels saam met ons oor “Nader”!

Nader – G

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s