Worship is ….

Dis kersliggies, geskenke en ‘n feesmaaltyd, hierdie tyd van die jaar kom familie en vriende bymekaar om eer en “worship” te bring aan God, omdat Hy Jesus aarde toe gestuur het as ‘n mens. Ek is deeglik bewus daarvan dat mense gewoonlik rondom kersfees artikels skryf oor die ware betekenis van Kersfees, maar ek is meer  geïnteresseerd in die “aanbidding” gedeelte van kersfees, want wat is worship nou eintlik?

“Worship” word gewoonlik geassosieer met musiek, as ‘n stil word tyd voor God. Dit is alles goed en wel, maar watse betekenis het “worship” in jou lewe wanneer die musiek ophou speel? Wanneer daar storms rondom jou is, het “worship” steeds betekenis in jou lewe?

Wat as “worship” groter is as instrumente? Wat as jou lewe die “worship musiek” voor God was? Sou ‘n mens se lewe anders gelyk het?

“Worship” is ‘n persoonlike ervaring tussen God en mens, so  het ek ondersoek gaan doen oor wat “worship” vir verskillende mense beteken in hul eie lewe. So het ek “Facebook” ingevaar en by die soek kolom net “worship” getik.

Wat ek gevind het was oorweldigend en dit moet gedeel word! Riochardo Swanepoel: “Worship is just the devotion towards God, thanking Him for the love and grace He has for us, bringing praise and glory to His name.” Carli Lessing: “Dit lig my oe op na God toe en verander hoe ek kyk na die wêreld. Dit maak my elke keer bewus dat God so naby aan ons is en oneindig lief is vir ons.” Arnold Mitchell: “Worship is never meant to be directed at people! Worship is meant to be directed to God!” John Piper: “Missions is not the ultimate goal of the church, worship is. Missions exist because worship doesn’t.” Armand Joubert: “The Holy Spirit is musical. That’s why we become one in worshipping Him.” Janine van Niekerk: “Singing worship helps to refocus my eyes on whom God is in my life.”

“Worship” is nie vas gebind aan hoe goed of hoe sleg dit gaan met ‘n mens nie, ja soms sing mens bietjie harder as deur ander tye van die lewe, maar dit bepaal nie of die “worship” gaan ophou nie. “Worship” is groei, lewe en veranderend. “Worship” is erkenning gee aan die heelal wat God wonderbaarlik geskep het. Worship is hoop en vrede vir die mens wat sy toekoms op die Here sit, want sy dankbaarheid kom altyd terug na die Here wie se liefde en beloftes konstant bly!

So in hierdie Kersfees tyd sal ons miskien onthou dat ons lewe ‘n konstante “worship” aan God moet wees, dat ons met dankbaarheid moet lewe voor God vir die ongelooflike geskenke van familie en vriende. Geseënde kersfees!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s