2016 is so stadig maar seker besig om weg te spring en dis tyd vir ons heel eerste “Wie maak ons stil?” song van die jaar! Ek wil graag een van my eie nuwe worship songs met julle deel, “Ons wag hier”.
Ek wou graag ‘n song skryf wat kan werk as ‘n opener vir ‘n worship set, iets soos “Come, now is the time to worship” in Afrikaans. ‘n Song wat mense uitnooi om met vrymoedigheid te kom en hulle harte oop te maak in worship. Dis my gebed aan die begin van ‘n diens dat God ons oë sal kom oopmaak om Sy wil te sien en te kom hoor wat Hy wil sê. Daar is soveel hoop daarin om te kom verklaar: “Ons wag hier, want U het belowe waar 2 of meer, in U Naam vergader daar is U…” Hoop die song is vir jou ook ‘n blessing.
Laai die bladmusiek hier af en gebruik dit gerus in jou gemeente – Ons wag hier.pdf.