Wie Maak Ons Stil? Februarie – Ek sal sing

Ek sal sing

‘Here, leer my sing as dit moeilik gaan en ek voel verslaan. Here, maak my hande los, U het my verlos, ek sal sing!’

In Febuarie maak Duis:lig ons stil met hulle lied “Ek sal sing”. So aan die begin van die jaar kan die werk, familie en ander verpligtinge baie word, en hierdie liedjie moedig ons aan om aan te hou sing selfs wanneer ons voel ons kan nie meer nie. Ons het besluit ons wil hierdie liedjie graag met julle deel en natuurlik meer agtergrond gee oor hoekom Duis:lig hierdie liedjie geskryf het, so ons het vir Hennie Maritz gevra om vir ons te vertel van “Ek sal sing”.

Die Storie agter Ek sal sing

Ons het in 2014 besluit om’n tweede album op te neem. Gedurende die proses van liedjies skryf, het ons werklik ervaar dat God vir ons die liede gee uit Sy pen. Nader aan die einde van die opname het daar ‘n reeks terugslae ons getref wat regtig ons gemoede negatief beïnvloed het. Dit is tydens hierdie tyd dat ons een oggend by die studio sit en koffie drink voor ons begin werk toe ons sterk ervaar het dat ons ‘n song moet skryf oor hierdie terugslae. Die storie van Paulus en Silas in die tronk het dadelik opgespring in ons gesprek, en ons het die lied binne ‘n uur klaar geskryf. Die lied het ons so geïnspireer om in moeilike tye steeds ons oë op God te hou, en dis graag die boodskap wat ons met ander wil deel.

Ons hoop julle geniet hierdie liedjie net soveel soos wat ons het! Ons wil net graag baie dankie se aan Duis:lig vir hulle same werking met WINS! Geniet die musiekvideo en gratis bladmusiek.

Ek sal sing chords.pdf

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s