Passion Conference Pretoria 2016

Met 40 000 mense (oud, jonk, alle tale, alle rasse) op hulle kniee voor God, kan mens net opgewonde raak oor wat God besig is om te doen met ons land!

Hierdie jaar se Passion Loftus was verseker anders as Passion 2012 in Centurion. Die gehoor was bereid willig en interaktief gewees met die passion band. Met die openingslied het die krag af gegaan en die band kon nie aan gaan met hulle liedjie wat hulle besig was om te speel nie. Toe besluit die gehoor om die situasie in hul eie hande te neem en “How Great Is Our God” te sing. Die verbasing en opgewondenheid wat mens kon sien in die band se gesigte, het die atmosfeer geskep vir die hele aand.

Chris Tomlin het saam met die Passion Band (Kunstenaars soos Charlie Hall, Kristian Stanfill en Christy Nockels was deel van hierdie band) die aanbiddingsessie gelei. Die aanbiddingsessie was maklik en lekker om saam te sing, die band het seker gemaak dat almal gemaklik sou kon saam sing. Hulle het verskeie liedjies gesing van Bethel, Hillsong, Chris Tomlin en van Passion se eie liedjies. Een van my persoonlike gunsteling liedjies wat hulle gesing het was “Good good Father” van Chris Tomlin.

Passion het hierdie jaar seker gemaak dat hulle vir verskeie genre musiek gehad het, sodat alle partye die Here kon aanbid op hul eie manier. Die rapper Tadashi het gesorg vir  ‘n lekker verskeidenheid in die program. Verskeie tradisionele mense was nie heeltemal gemaklik nie, maar die mense wat hulself toegelaat het om die alternatiwiteit te ervaar, het vir Tadashi vreeslik baie geniet!

Louis Giglio, die pastoor van Passion, Atlanta, het ‘n pragtige boodskap gelewer oor die griekse woord “tetelestai” wat beteken “It is done”. Daar was verskeie Dominees en Pastore wat saam gekom het om te bid vir die Passion Conference en een van die lede wat daar was, was Retief Burger.

WINS is baie opgewonde vir die volgende Passsion Conference, en sal dit vir enige iemand voorstel om by te woon!

Ons het ‘n kort video aan mekaar gesit oor die byeenkoms, geniet dit!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s