‘n Paasfees van stokkiesdraai deur Neil Büchner

Was jy al ooit gevang dat jy stokkiesdraai? Of “dros”, “wegbly” of soos die engelsman sê ‘bunk”.

12767445_10154411202117119_2052591099_n(1)

In die wynbedryf het het dit ‘n ander betekenis. Wanneer wingerdstokkies in die ou dae geënt was, was dit met rafia vasgebind om die entlas. Tydens entseisoen (Jun-Aug) het die ouers soms hul kinders uit die skool gehou om te kom help ent op die plaas en rafia om die entlas te draai. Met navraag oor waar sommige kinders was, sou die klas tipies terug antwoord: “Nee meneer, hulle is besig om stokkies te draai!” So het dit algemeen bekend geword as term wanneer mense dros, al is stokkiesdraai op ‘n wingerdplaas eintlik baie harde werk!

Maar hoekom word wingerdstokke geënt en plant mens dit nie soos mielies met saad, ‘n trekker en ‘n planter nie?

Die rede is filloksera, ‘n klein mikroskopiese luis wat in die 1880s die wortelstelsels van wyndruiwe (vitis vinifera) in Frankryk begin eet het. In 1886 is die luis ook in in Suid-Afrikaanse wingerde gemerk. Wingerde het gevrek en mense het bankrotskap in die gesig gestaar. Wetenskaplikes het later agter gekom dat die wortels van ‘n sekere wingerdspesie (vitis riparia) glad nie geëet word deur hierdie luis nie. Vitis Riparia het nie vrugte gedra waarvan jy kan wyn maak nie, maar as mens Vitis Vinifera as bostok kon ent op Vitis Riparia as onderstok, dan het jy ‘n plant wat wortels het wat bestand is teen die luis en wat kan vrugte dra waarvan jy kan wyn maak. Die wynbedryf was gered en tot vandag toe ent mense steeds stokke, veral in Wellington in die Boland.

Dit is Lydenstyd en ons stuur af op een van die mees beteknisvolle naweke van die kerkjaar: Paasnaweek. En stokkiesdraai, die luis, die wortels en die vrug wat ek dra, laat my wonder: is daar iets wat besig is om te eet aan die wortels van dit waarin ek glo? Soos die luis, wat onder die grond besig is om te kou aan wortels, is daar nie dalk iets wat kou aan my evangelie nie?

Die titel van Tullian Tchividjian se boek Jesus + Nothing = Everything het my hieroor laat nadink. Wat het ek deur die jare by my evangelie begin bylas om my verlossing net ‘n bietjie méér te probeer verseker as wat ek gedink het dit nou eintlik is? Ek het met ‘n skok besef dat dit soms juis nie jou sonde is wat jou van God weghou nie, maar eerder jou goeie werke en dit waarin jy jou vertroue sit! Voordat ek nie my absolute verlorenheid besef sonder Jesus nie, sal Jesus nie die plek van absolute waarde in my lewe hê nie en sal iets anders daardie plek vul.

En so het die luis begin eet aan die evangelie wat ek aanhang. Stukkie vir stukkie het daardie wortels wat so belangrik is vir my lewe al hoe meer begin kwyn. Ek moes ophou aandag gee aan watter vrugte ek dra, watter goeie werke ek probeer doen en hoe die druiwe van die wingerd bo die grond lyk. Ek moes gaan kyk na wat onder die grond en met my wortels aangaan en in watter evangelie ek besig is om in te glo.

Paastyd wil kom sê jou lewe is geënt op ‘n onderstok waar geen luis of dood jou skei van die liefde van Jesus Christus nie. Dit wil kom sê dat, jy as bostok, dood sou wees en kompos sou wees as jy nie in die Onderstok geent was nie. Dit wil kom sê, dat jy sonder die Onderstok, steeds net ‘n 1880 makstok sou wees wat deur die luis en die dood verteer sou wees en dat niemand ooit van jou vrug of wyn sou kon proe nie. Paasfees wil vir jou kom sê dat niks van groter waarde vir jou hoef te wees as die feit dat jy een is met Christus nie.

Niks nie.

Niks.

Die woord worship kom juis van die ou engelse woorde WORTH + SHAPE. Ter implikasie definieer dit dus worship as being shaped by something that is of ultimate worth. Meer en meer het hierdie vraag my begin volg soos ‘n getroue hond: “Hoe word ek gevorm en verander deur die waarde wat Jesus het in my lewe?”

Mag Paasfees ons weer soos sterk rafia kom draai en vasbind om hierdie waarheid en mag dié entlas in jou lewe vat, ‘n eenheid vorm en mag jy nooit daarvan geskei word nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s