Ek het onlangs by ‘n nuwe gemeente begin worship lei en een van die eerste dinge wat ek gedoen het is om uit te vind watter songs die gemeente graag sing en ken. Dit sal glad nie lekker wees as my eerste worship set bestaan uit 5/6 songs wat niemand ken nie… Akward!!
Terwyl ek so deur my liedjielêer geblaai het, het ek wel gedink om my top 5 staatmaker minder bekende Afrikaanse worship songs met julle te deel. Miskien is daar 1/2 wat vir jou ook nuut is en dalk kan help met Sondag se worship set! (In geen spesifieke volgorde nie…)
- Nader tot die Here – Neil Buchner
http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F318
2. Maak oop ons oë – Stephan Cloete
3. Here, heilige Here – Johan Heystek
http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F353
4. Loof die Heer – Duis:Lig
5. Brandpunt – Soos trane