Ek was baie opgewonde om einde laasjaar my kopie van “Ons Vader 2.0 Immanuel” te kry van Oase Gemeente in Klerksdorp! En met goeie rede na hulle eerste album “Ons Vader” so ‘n great klomp nuwe Afrikaanse worship songs opgelewer het.
Ek doen reeds hierdie Sondag een van hulle nuwe songs by my eie gemeente en het dit goedgedink om dit met al die WINS-lesers daar buite ook te deel. Die liedjie se naam is “Skepper Gees” en dit gaan oor die rol van die Heilige Gees as die Gees van waarheid wat ons lei en vir ons vrede gee. Die beautiful lirieke en maklik singbare wysie gaan hierdie ook ‘n fantastiese nuwe toevoeging maak tot liedjies vir Pinkstertyd.
Luister hieronder na “Skepper Gees” en kliek hier vir die bladmusiek:
Dankie Oase gemeente vir die bladmusiek en dat julle so graag julle musiek deel!
Om die album te koop, gaan na https://itun.es/za/H6bvfb. Die bladmusiek van al die songs op hulle eerste en tweede album is ook op hulle website beskikbaar by http://oasegemeente.co.za/song-books/