Kersfeesliedjies is nou maar net nie geskryf vir kitaar nie, dit is ‘n feit! Met snaakse toonsoorte en akkoorde wat amper elke noot wissel is dit definitief nie die hoogtepunt van die jaar vir kitaarspelers nie.
Ferreira Marais, hoofsanger en kitaarspeler van S1, gaan ons bietjie help hoe om ‘n paar bekende kersfees liedjies op die kitaar te speel in ‘n reeks videos.
Kyk vandag die eerste in die reeks – “Herders op die ope velde” (Liedboek 364). Kry die chord chart hier.
Kom loer weer in die res van die week vir nog “Wie sal my wys?” videos van bekende Kersfees liedjies.