Manna: Nuwe worship musiek uit GK Linden!

Breekbaar EP deur Manna

Die jeugband van GK Linden het in 2018 begin om elke 2 weke liedjies saam te skryf. Wat begin het as ‘n eksperiment van 3-12 mense wat kom saamskryf het, het gegroei na 11 klaar songs geskryf deur band lede, jeug en self sendelinge wat op hulle besoek aan die kerk saamgeskryf het.

Middel 2019 en regdeur Covid het ‘n kleiner groepie musikante wat deel was van die projek die songs opgeneem en nou is die eerste EP met 6 songs hier! Die groep noem hulleself Manna, want soos Manna uit die hemel geval het is hierdie songs ‘n inspirasie en geskenk direk uit die Here se hand.

Op die EP Breekbaar is daar 5 Afrikaanse songs en een Engels waarvan van die songs korporatiewe worship songs is wat goed werk in gemeentesang.

Die album se produksie is behartig deur Piet de Wet, jeug worship leier by GKL tydens die liedjieskryfprojek en nou voltyds in bediening by http://Wonderwallmusic.co.za/. Finale meng en addisionele produksie gedoen deur Marius Brouwer. Al die musikante op die album is/ was deel van die GKL worship band – Marissa Venter (Stem), Carli Lessing (stem en klavier/ keys), Luan Swart (dromme), AJ Meyer (bass), Henri Pretorius (elektriese kitaar), Piet de Wet (kitare, bass, addisionele programmering).

Kry al die links om te luister na die EP by https://manna.hearnow.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s