About

WINS se visie is om ‘n platform te skep waar worship bands, worship leiers en liedjieskrywers nuwe Afrikaanse worship musiek kan deel, kan praat oor worship en mekaar kan inspireer om God met passie te aanbid.

Wie is ons?

Jana Klut – Content and Social Media manager

janafoto

Ek is ‘n tweede jaar Teologiese student aan die Universiteit van Pretoria. Deur die week bly ek in Pretoria, in Hatfield en deur die naweek bly ek by my ouers in Johannesburg. Ek is ‘n deeltydse fotograaf aan enige iemand wat vir die kamera wil glimlag en ‘n Matriek afskeid fotograaf vir my suster, ‘n haarkapster aan my koshuis vriendinne wat saam met my nie ‘n professionele Haarkapper kan bekostig nie, ‘n Babysitter aan familie vriende wat ‘n aandjie uit nodig het, ‘n sanger by my tuisgemeente in Melville en ‘n reisiger wanneer ek die geleentheid het.

 

Carli Lessing – Website owner and publishing

youtube_pic

Carli Lessing is ‘n worship leier en liedjieskrywer. Haar lof- en aanbiddingsliedjies vanaf haar CD’s “Veel meer” (2007), “Wie is nog stil?” (2009) en “Belofte van reën” (2011) word in kerke regoor Suid-Afrika, Namibie, die SA gemeente in London en Birmingham (UK) en kerke in Australie gesing. Haar eerste CD, “Veel meer”, het geskiedenis gemaak toe dit in 2008 die eerste CD geword het waarvan al die liedere goedgekeur is vir gemeentesang deur FLAM (www.flam.co.za), die NG kerk se taakspan vir kontemporêre aanbiddingsmusiek. Haar liedjie “Alles nuut” is deur Rouchelle Liedeman op haar SAMA-benoemde album, “Nuwe begin” opgeneem in 2009. Dit verskyn ook op die lewendige CD/DVD van Gospel skouspel 2012, waar Rouchelle dit sing. Volg haar worship bediening en ander projekte by www.carlilessing.co.za.

 

Kontak ons:

Vir meer inligting oor WINS (Wie Is Nog Stil?), kontak Carli by carli.lessing@gmail.com.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s