Worship Opleiding

WINS bied graag worship opleiding aan vir kerk bands.

Dit is ‘n een-dag opleiding wat insluit:
1) Wat sê die Bybel oor aanbidding?
– Karakteristieke van aanbidding uit die Bybel
– Voorbeelde van die rol van lof en aanbidding uit die Bybel
2) Wat is die rol van lof en aanbidding in die kerk vandag?
3) Wat is die roeping van die aanbiddingsleier en hoe ondersteun die band/ sangers etc. hom/haar daarin?
4) Prakties: Hoe lei ek die gemeente in lof en aanbidding?
Hoe kies ek liedjies vir ‘n tyd van aanbidding – struktuur van ‘n worship set, tipe songs etc?
5) Praktiese sessie saam met die worship band (Saterdagmiddag):
Hier werk ek prakties saam met die band en ons verwerk ‘n song, bespreek die rol van elke instrument en kyk ook hoe om die verwerking te verander vir ander style of atmosfeer.
Ons kyk ook hoe om songs saam te voeg sodat daar vloei is en die volgorde van songs die gemeente se aanbiddingsbelewenis fasiliteer. Dit word prakties deur die band toegepas in die sessie.

Daar is ook ander opsionele onderwerpe wat ons kan insluit onder andere:

1.       “Hoe beweeg ek van ‘n tradisionele aanbiddingstyl na ‘n meer kontemporê styl?”2.       “Hoe om ‘n effektiewe worship span te bou?”

3.       “Songwriting vir worship

Die opleiding is baie interaktief met bespreking in groepe. Dit is altyd ook ‘n great geleentheid om opnuut ‘n visie te vorm vir die pad vorentoe as lof en aanbidding span.

Kontak ons by carli.lessing@gmail.com vir meer inligting.
Terugvoer oor vorige opleidingsgeleenthede:
“Dis so lekker om weer ‘n plan en doel te hê vir waarnatoe ons werk!
Ek het sulke goeie terugvoer van almal in die musiekgroep gekry, hulle is almal baie opgewonde!
Dankie dat jy daardie saadjie in my net weer water gegee het, dat ek ‘n instrument in God se hand is!”  – NG Skuilkrans