Ons deel graag die maand die bladmusiek vir ‘n splinternuwe worship song vir Pinkster deur Manna met die naam “Heil’ge Gees”. Laai dit gerus af en gebruik in jou gemeente se Pinksterweek.
Die liedjie is gebore by ‘n liedjieskryf byeenkoms van lede van GK Linden se jeug worship groep en is spesifiek geskryf om te sing by die kerk se Pinksterdienste.