Vinnig of stadig? Praise of worship?

Geskryf deur Stephan Cloete

Ons hoor gereeld hierdie twee woorde in en om die kerk: “praise” en “worship”, oftewel lof en aanbidding. Die konteks; gemeentesang, die verstaan; lof = vinnige (opgewekte) liedjies en aanbidding = stadiger (meer geweide) liedjies. Maar hierdie twee woorde het niks te doen met tempo, styl of selfs musiek nie en alles met die toestand van my hart.

In Psalm 103 skryf Dawid, “Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.” Lof is ‘n keuse (ek wil) en gebore vanuit my eie behoefte om aan God erkenning te gee vir wie Hy is en dat hy waardig is om geprys te word. Dit kom gewoonlik vanuit ‘n plek van dankbaarheid en soms ‘n plek van onsekerheid of suffering. Om die Here te loof vra altyd iets van my en is dikwels ‘n opoffering van tyd of gemak. Dit is wanneer ek hierdie besluit neem dat ek gewoonlik bewus raak van God se teenwoordigheid. Vanuit lof besef ek hoe naby Hy regtig is en dat Hy nog die heeltyd na my soek.

Wanneer ek wakker word vir God se teenwoordigheid vra Hy nie dat ek nóg iets moet doen nie, maar lok eerder ‘n reaksie uit. Hierdie reaksie is soms onwillekeurig en dus nie iets wat van myself kom nie. Die griekse woord vir aanbidding wat gereeld in die nuwe testament gebruik word is proskuneo (pros-koo-neh’-o). Dit beteken om (letterlik of figuurlik) te kniel, buig of heeltemal op die vloer uit te strek in reaksie tot iets ‘groter’ as myself. Nog ‘n definisie sê dit is soos om vooroor te buig en iemand se hand te soen, of soos ‘n hond wat sy meester se hand lek. Hierdie tipe reaksie is gewoonlik meer outomaties, eerder as ‘n doelbewuste keuse, omdat dit uitgelok word deur ’n besef van wie God werklik is.

Ons kan dus sê lof is dit wat ek bring as ‘n offer aan God, bloot omdat hy waardig is. Dit word deur my ingestel. Aanbidding is my natuurlike reaksie op dit wat God vir my gee/bring/wys van wie Hy is. Dit word deur God ingestel.

Hoe lyk hierdie wisselwerking in jou lewe?
Wanneer laas het jy gereageer op God se teenwoordigheid?
Hoe het jy gereageer?

Dankie Stephan Cloete vir hierdie great artikel oor aanbidding… Stephan is worship leier by Stellenbosch Gemeente en jy kan meer lees en luister na sy musiek by stephancloetemusic.wordpress.com.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s